Gauteng sal heel waarskynlik negatief geaffekteer word deur die sluiting van die grootste olieverwerkingsaanleg in Afrika, suid van die Sahara, volgens die Outomobiel Assosiasie (AA). By verskeie vulstasies in Gauteng en KwaZulu-Natal staan motoriste reeds in rye om hulle motors met brandstof vol te maak.
Die Suid-Afrikaanse Petroleumraffinaderye, kortweg SAPREF het gister aangekondig dat hy sy bedrywighede by dié aanleg buite Durban gaan staak te midde van die voortslepende plundery wat veral KwaZulu-Natal lamlê.
Luister Hier: