Orania bars tans uit sy nate, en huise verrys soos paddastoele, terwyl grootmaatdienste so vinnig as moontlik aangelê word. Met meer as 10% groei in bevolking elke jaar, word daar gebou dat dit bars omdat Orania mik daarna om ʼn moderne Afrikanerstad te word, met ʼn baie sterk gevoel van plattelandse verstedeliking,
Orania wil nooit hul Karoogevoel verruil vir die euwels van verstedeliking nie, maar om ʼn groot groep Afrikaners te kan akkommodeer moet Orania egter drasties groei. Om beide hul doelwitte te bereik gaan pro-aktiewe ontwikkelingsbestuur verg wat hopelik Orania as die vriendelike, Afrikanerstad met Westerse standaarde kan realiseer.
Luister Hier: