Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.
Die nuwe uitsaaier het ‘n sterk begin behaal en het die BBC en Sky in vroeë syfers oorskry. Syfers het getoon dat die uitsaaier in die eerste drie uur op die lug die BBC en Sky se nuuskanale met kykers geklop het. Die meetperiode was van 19:00 tot 23:00, hoewel die kanaal eers 20:00 begin het.
Luister Hier: