Die polisie in Oos-Londen is op soek na ‘n moontlike gewonde verdagte, wat die naweek betrokke was by die moord op ‘n 34-jarige boer, Darryl Richter, van die plaas Waterfall net buite Oos-Londen. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde beswyk waar hy na bewering twee van sy drie aanvallers doodgeskiet het.
Volgens polisiewoordvoerder, Brig Tembinkosi Kinana, het Richter naburige boere om hulp gekontak toe hy ‘n verdagte voertuig op een van die belangrikste toegangsroetes na plase in die omgewing gewaar het. Hy het die voertuig genader en die insittendes gekonfronteer, wat na bewering tot ‘n rusie gelei het.
Luister Hier: