Dit blyk asof die implementering van kaderontplooing en BSEB -praktyke steeds hul tol eis by die berugte nasionale kragvoorsiener. Eskom het Maandag bevestig dat die Medupi -kragstasie Sondagaand omstreeks 22:50, ‘n ontploffing op die nommer 4 eenheid se kragopwekker beleef het, en dat eenheid 5 ook vermoedelik as gevolg hiervan gestruikel het.
Geen beserings is op die aanleg aangemeld nie en alle werknemers en kontrakteurs het gerapporteer, maar nooddienste het wel sewe werkers gehelp met die nodige behandeling vir skok.
Luister Hier: https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/10-aug-eskom-afr.mp3