TLU SA vind Bheki Cele se minagting van die hoogste hof in die land, deur sy versuiming om Zuma in hegtenis te neem, tekenend van die magsmisbruik wat in die ANC regering heers. Volgens TLU SA is dit die minister van polisie én nasionale polisiekommissaris Kehla Sithole, se mening dat hulle kan aan die konstitusionele hof voorsê of hulle skuldiges in hegtenis gaan neem of nie.
Die twee het die hof skriftelik in kennis gestel dat hulle Jacob Zuma nie in hegtenis sal neem totdat al sy hofaansoeke, wat na die vonnisoplegging gemaak is, aangehoor is nie.
Luister Hier: