Nog ‘n ANC munisipale mislukking is besig om verwoesting te saai in Emfuleni op die Wesrand van Gauteng waar inwoners van laekoste-behuisingskema in Duncanville, daagliks baie uitdagings in die gesig staar soos: riool wat opstoot, aanhoudende waterlekasies wat nie herstel word nie, geboue wat inmekaar wil val omdat krake nie herstel word nie, en vullis word nie verwyder nie.
Volgens Elize Aucamp, ‘n raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is laasgenoemde die lot van 60 arm gesinne wat in die Sonhof Woonstelle bly. Hierdie probleem is agv. ‘n gebrek aan instandhouding .
Luister Hier: