‘n “Klein berekeningsfoutjie” is glo in aankope gemaak deur die Onderwys dept van die Noordwes provinsie. Gesigmaskers moes volgens begroting net R2.5-mil kos, maar R9.2-mil is daarop bestee! Die het eers aan die lug gekom nadat die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) na die saak gekyk het.
Volgens Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, is dit Nasionale Tesouriebeleid dat tenders van regeringstellings, met ‘n waarde van R500,000 en meer, deur tenderkomitees oorsien word.
Luister Hier: