Drie voormalige munisipale bestuurders in Gauteng sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn ná hul inhegtenisnemings in verband met die VBS Mutual Bank (VBS) -skandaal.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê die driemanskap, wat Maandagoggend op verskillende plekke in Gauteng in hegtenis geneem is, was: ‘n 60-jarige voormalige munisipale bestuurder in die Wes-Randse distriksmunisipaliteit; ‘n 37-jarige voormalige finansiële hoof van dieselfde munisipaliteit; en ‘n 34-jarige waarnemende munisipale bestuurder van Merafong plaaslike munisipaliteit, voorheen ‘n bestuurder in die Wes-Randse distriksmunisipaliteit.
Luister Hier: