Korrektiewe dienste het verklaar dat Zuma nogsteeds in die hospitaal is, so dit moet nog gesien word of Jacob Zuma sy korrupsieverhoor oor die wapentransaksies sal bywoon, wat vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor sal word.
“Ons wag nog op ‘n doktersverslag want slegs die verslag kan die vraag voldoende beantwoord,” het Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Sondag gesê.
Luister Hier: https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/10-aug-zuma-afr.mp3