Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.
“Die onrus en die gevolglike sluiting van paaie het daartoe gelei dat werknemers nie vir diens kan aanmeld nie. Alle betrokke klante is in kennis gestel en ons werk voortdurend aan oplossings om die huidige uitdagings te versag, om te verseker dat ons goedere in en uit die land kan lewer,” lui die verklaring.
Luister Hier: