Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling.
Die standpunt druis lynreg in teen die Instituut vir Rasseverhoudinge wat dit duidelik stel dat onteiening “die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners bedreig: van die 9,5 miljoen mense met huiseienaarskap tot die nagenoeg 18 miljoen met tradisionelereg eiendomme (Customary law plots) , en die geraamde 17 miljoen wat lede van pensioenfondse is. Dit sal ook alle besigheidseienaars, groot en klein, benadeel. Terselfdertyd sal die ekonomiese gevolge van die Wetsontwerp die 11 miljoen individue wat tans werkloos is, verder benadeel deur investering te verminder, groei te beperk en die herstel na die inperking bel
Continue reading…