Deesdae begin meer en meer mense van die huis en weg van Stadsentrums te werk, en Orania beplan om diê geleentheid te gebruik om meer mense te lok deur ordentlike internet infrastruktuur op te stel. Die Orania Dorpskantoor se infrastruktuurontwikkeling om hoë spoed internet in Orania te realiseer is goed aan die gang.
Tegniese beamptes van Orania Dorpsraad se elektriese afdeling, het vandeesweek die fondasie gegiet vir die toring wat 50 meter hoog gaan strek! Die fondasie moes deeglik voorberei word met staalbewapening en ʼn aardnetwerk om veiligheid en integriteit te verseker.
Luister Hier: