Die Griekse polisie op die eiland Lesvos het ‘n netwerk van mensesmokkelaars ontdek wat onwettige migrante vanuit Turkye onwettig na Griekeland ingesmokkel het. Die groep bestaan uit nie minder nie as ‘n dosyn nie-Grieke, waaronder sommige lede van een van die sogenaamde humanitêre nie-regeringsorganisasies is, wat die Middellandse See onveilig maak met hul kamma “Rescue Missions”.
Die vier werknemers van die NRO, waaronder een Noor, een Amerikaner en twee Britte, het die smokkelaars gehelp om ongeveer 2,500 onwettige migrante na Griekeland te smokkel. Die Grieke is natuurlik baie woedend oor die leuens omdat die NRO’s en hul werknemers voorgee dat hulle migrante om humanitêre redes help.
Luister Hier: