Natasha Mazzone, DA-LP, het ‘n beroep op die ANC se SA Polisiediens gedoen om hul ondersoek na klagtes wat die party teen Julius Malema, leier van die EFF, en sy adjunk, Floyd Shivambu, aanhangig gemaak het, te bespoedig.
Dit volg nadat Shivambu se broer, Brian, ‘n skulderkenning van R4,55 miljoen met VBS Mutual Bank-gekoppelde Vele Investments onderteken het; terwyl hy erken het dat daar “geen onderliggende basis vir die betaling” was nie. Brian se prokureurs het aangedring op ‘n vertroulikheidsklousule tydens die ondertekening van die erkenning.
Luister Hier: