Tydens ‘n vergadering van die Gautengse gemeenskapsveiligheidskomitee het die VF Plus voorgestel dat alle vuurwapens, wat aan veiligheidstrukture behoort, van ‘n mikroskyfie voorsien moet word.
Die voorstel kom nadat die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, ‘n vraag van die VF Plus beantwoord het, en erken dat 279 staatsvuurwapens en duisende rondtes ammunisie die afgelope drie jaar as vermis of gesteel aangemeld is.
Luister Hier: https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/17-Aug-wapens-afr.mp3