Die eens rustige Wes-Kaapse tuin roete raak al hoe meer gevaarlik en die aand van 10 September, was daar ‘n plaasaanval tussen Stanford en Hermanus.
Die aanval het omtrent 20h30 plaasgevind toe 3 gewapende aanvallers 9 gaste op die plaas oorval het. Die aanvallers het die perseel geplunder na hulle die gaste uit aksie gestel het, deur hulle almal vas te bind. Daarna het hulle hulself gehelp met kos en alkohol, terwyl hulle die gaste beroof het.